WIE ONS IS

Skenk ’n boek is ’n inisiatief van Carpe Diem Media in samewerking met Solidariteit Helpende Hand.

Die projek se kerndoelwit is om meer as net ’n tydelike oplossing te gee vir mense in nood. In plaas van om kos of klere te skenk (soos talle organisasies reeds baie suksesvol doen) poog ons om jaarliks 1 000 Bybeldagboeke in te samel vir mense wat dit regtig nodig het.

Dit beteken jy kan met slegs R50 iemand se dag maak, 365 keer per jaar!

Die projek het in 2007 begin, toe FINESSE-tydskrif hulle lesers uitgedaag het om hulle harte oop te maak en geld te skenk om ’n dagstukboek te koop vir iemand wat dit nodig het.

Met die besef dat die nood massief is, het Carpe Diem Media besluit om dit ’n jaarlikse projek te maak.

Die ambassadeur vir Skenk ’n Boek is Desiré Gardner (Daleen van die sepie Binneland), wat ’n passie het om mense se lewens te verander deur iets wat blywend is.

Wat kan jy deesdae met R50 koop? ’n Wegneemete by Steers? ’n Paar kouse? Miskien jou kar laat was? Met net R50 kan jy iemand se lewe verander!

 


lees meer

WAT ONS DOEN

Tussen 1 en 30 November 2011 daag ons mense uit om slegs R50 te skenk!

Met elke R50 wat Skenk ’n Boek ontvang, word een Bybeldagboek aangekoop en geskenk aan iemand wat dit nodig het.

Dié boeke word dan as Kersgeskenke regoor Suid-Afrika aan behoeftiges uitgedeel.

Die dagboeke wat in 2011 aangekoop en geskenk gaan word is:

 

 

 

ʼn Jaar met God

Hierdie Bybeldagboek nooi jou om ’n geloofspad te loop saam met bekende sprekers op RSG se Vroegoggendmeditasie, soos Riekert Botha, Isak Burger, Esté Geldenhuys en vele ander.

 

 

 

 

 

 

 

Briewe van God vir vroue

 

Briewe van God vir Vroue deur Liesel Krause-Wiid is lewensveranderend omdat God op ’n intieme wyse op elke bladsy met die leser praat!

 

 

 

 

 

 

 

Briewe van God vir tieners

 

In Briewe van God vir TIENERS sal hulle scared harte laat smelt as hulle God saggies hoor praat. Die rolle word omgeruil: God praat direk met jou en jý luister!

 

 

 

 

 

 

Briewe van God vir Kinders

 

In Briewe van God vir Kinders vertel God vir kinders dat Hy hulle heel beste vriend wil wees, ’n spesiale plan vir die lewe het en ALTYD by hulle is!


lees meer

WIE ONS HELP

Al die boeke wat jaarliks ingesamel word, word oorhandig aan Solidariteit Helpende Hand.

Hierdie gevestigde organisasie identifiseer dan projekte en takke regoor Suid-Afrika aan wie die boeke as Kersgeskenke uitgedeel kan word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kliek hier vir meer foto’s van 2010

lees meer

SKENK NOU!

Daar is twee maniere om te skenk:

1.  Kliek sommer nou hier en koop ’n Bybeldagboek of twee vir iemand wat dit regtig nodig het!

2.  Jy kan ook die betaling direk in die bankrekening maak:

Carpe Diem Media (Edms) Bpk
Standard Bank
Vanderbijlpark
Rek.nr. 021 909 504
Takkode 014 737
Verwysing: Skenk ’n Boek

 

Skenk ’n boek is ’n inisiatief van Carpe Diem Media in samewerking met Solidariteit Helpende Hand.

Die projek se kerndoelwit is om meer as net ’n tydelike oplossing te gee vir mense in nood. In plaas van om kos of klere te skenk (soos talle organisasies reeds baie suksesvol doen) poog ons om jaarliks 1 000 Bybeldagboeke in te samel vir mense wat dit regtig nodig het.

Dit beteken jy kan met slegs R50 iemand se dag maak, 365 keer per jaar!

 

Tussen 1 en 30 November 2011 daag ons mense uit om slegs R50 te skenk!

lees meer